Was onlangs in die Vleesbaai omgewing en het n paar gooie gaan maak die weer het nie lekker saam gespeel nie maar die manne wat die plek ken het my na n plekkie gevat met die naam van uitkyk en jy die naam doen die plek gestand jy het n wonderlike uisig oor vleesbaai en die omgewing.
Na so wat n uur se loop oor klippe sand en noem dit was ons daar en met eerste oogopsalg het ek gedink al die moeite was virnied die water is skoon en blou maar die manne wat die plek ken het gese dit lyk altyd so en nou ja as hulle so se dan is dit seker so en so het ons toe begin hengel. Eerste gooie en almal is vas met jong bronzies so 2-5kg en hulle hou nie op met byt nie lekker sports.
So haak Hendriko 1 n sambokhaai van 40kg wat hom taamlik besag gehou het Sowragies daar gan Hendrico 2 se stok ook met n hammer koppie van so 10kg en ek sit met die klein bronzies.Maar ek het nie lank gewag nie en ek is ook vas met n mooi vis die ding vat lyn en baklei lekker na so n paar min is die vis op die wal n mooi duckbull van 30kg.dinge het begin stil raak en ons het maar in die patkos ingele Toe hendrico 2 se katrol begin raas en die ou klink nie lekker nie maar na so 30min was die ou grote op die wal n swartpulie van 75kg.
Dit als in eendag sien water het nie altyd nodag om kleur te he nie.
